Ek trou oor 14 dae. Twee weke. Dit is asof die datum nader gesluip het en ewe skielik 'waw' gegil het agter my. Glo my, ek het soos enige ander bruid eers die maade afgetel; toe Januarie opgedaag het het ek weke begin aftel en nou is ek op dae. Ek was baie rustig tot so drie weke terug en toe het die stress gogga hom onder my vel kom inwikkel. My rok is nog nie klaar nie. En ja, almal het al vir my gese dat daar nog baaaaaaaaaiiieee tyd is, maar dit is nie hoe ek aanmekaar gesit is nie. Ek het in verlede jaar Oktober besluit wat ek wil he, maar ander mense se skedules is nie myne nie.
So hier is ek, 14 dae voor my troue (siek, weereens - maar eerder nou as volgende week). Dit is nou regtig die count down wat begin.
Ek kan nie wag nie, ek moet net 'n rok kry....
Ek is vrou, vriendin, dogter, lover, wynliefhebber, kos aanhanger, leser en realis. En hierdie is hoe ek sin maak van die lewe.
Saturday, 17 May 2014
Tuesday, 8 April 2014
My pa
Ek dink ons dink almal ons pa is die heel beste pa in die hele wereld. Wel, ek dink ook so. My pa was nog altyd die voice of reason in my kop. Hy is die een wat nog altyd gehelp sin maak het van die harwar in die lewe. Wanneer goeie dinge gebeur het, het hy gedeel daarin, en wanneer slegte goed gebeur het (soos wat dit maar gebeur), het my pa my trane afgedroog en vir my gese 'so hoe gaan ons dit beter maak?'.
Ek trou oor min of meer agt weke (ok, so dit is 53 dae om presies te wees, maar dit is nie asof ek dae tel nie...). En tussen al die opgewondenheid is daar ook vir my 'n tikkie hartseer. Ek gaan nie meer my pa se klein dogtertjie wees nie. Hy gaan my weggee aan iemand wat ek weet baie lief is vir my, maar my hart trek steeds op 'n punt. Ek is net bly dat my pa aan my sy gaan wees wanneer ek by die paadjie afloop.
Dankie pa, vir al die liefde oor die jare en al die lesse wat ek geleer het.
Sunday, 6 April 2014
Wat wil ek hier doen?
Wat maak jy as die lewe te veel word, wanneer jy oorweldig voel en alles rondom jou intuimel? Jy soek 'n rustige plek om te probeer sin maak van die ou lewe. En ek? Ek soek 'n plek waar ek die warboel in my kop kan uitsorteer. Dit is was ek hier gaan doen. En dit gaan my kuierplek wees. Waar ek sommer net kan se wat op my hart is, my stories kan vertel, my 'onthou jy nog?'s kan neerskryf en onthou dat daar meer mooi as sleg in die lewe is.
Subscribe to:
Comments (Atom)