Ek trou oor min of meer agt weke (ok, so dit is 53 dae om presies te wees, maar dit is nie asof ek dae tel nie...). En tussen al die opgewondenheid is daar ook vir my 'n tikkie hartseer. Ek gaan nie meer my pa se klein dogtertjie wees nie. Hy gaan my weggee aan iemand wat ek weet baie lief is vir my, maar my hart trek steeds op 'n punt. Ek is net bly dat my pa aan my sy gaan wees wanneer ek by die paadjie afloop.
Dankie pa, vir al die liefde oor die jare en al die lesse wat ek geleer het.