Wednesday 27 April 2016

Nuwe avontuur

Ek was lanklaas hier.  Die lewe het gebeur intussen.  Onsekerheid oor werk maak dat die lewe nie baie aangenaam is op die oomblik nie.  Vol soms so magteloos oor die oormag wat soveel invloed en mag oor ons lewens het.  So nou het ons die volgende avontuur begin aanpak.  Ons het begin om dinge in plek te kry om Nieu Seeland toe te emigreer.  Die 'land of the long white cloud'.
En alhoewel dit vir my steeds baie onwerklik is om te dink dat ons alles net hier gaan agterlaat, het ek reeds in my kop en hart begin uitreik na ons (hopelik) nuwe tuiste.

Ongelooflik hoe vinnig mens jou kop kan swaai as jy moet.

Nou wag ons vir Binnelandse Sake en ons geboortesertifikate...

Friday 20 June 2014

Iemand se vrou

Ek is 20 dae terug getroud.  In die oe van die samelewing behoort ek nou aan 'n eenheid en is ek deel van 'iets'.  Dit is waar wat hulle van jou troudag se - dit is die ongelooflikste mooiste dag ooit.  Jy sal nooit weer so voel nie - so mooi, loop-op-die-wolke en so geliefd nie.

Ons was geseen met die mooiste mooiste wintersdag wat die hoeveld vir ons kon gee, maar selfs al was dit die gryste grouste dag sou die son geskyn het.



Daar is soveel mense wat so 'n dag moontlik maak en so spesiaal maak dat mens soms voel asof 'n gewone dankie nie genoeg is nie.  Maar vir almal in my lewe - dankie vir die ongelooflikste dag.  Dit was alles waarvan ek gedroom het en soveel meer.

Nou is dit ek en Binnelandse Sake en 'n nuwe ID vir 'n nuwe van...

Saturday 17 May 2014

14 dae

Ek trou oor 14 dae.  Twee weke.  Dit is asof die datum nader gesluip het en ewe skielik 'waw' gegil het agter my.  Glo my, ek het soos enige ander bruid eers die maade afgetel; toe Januarie opgedaag het het ek weke begin aftel en nou is ek op dae.  Ek was baie rustig tot so drie weke terug en toe het die stress gogga hom onder my vel kom inwikkel.  My rok is nog nie klaar nie.  En ja, almal het al vir my gese dat daar nog baaaaaaaaaiiieee tyd is, maar dit is nie hoe ek aanmekaar gesit is nie.  Ek het in verlede jaar Oktober besluit wat ek wil he, maar ander mense se skedules is nie myne nie.

So hier is ek, 14 dae voor my troue (siek, weereens - maar eerder nou as volgende week).  Dit is nou regtig die count down wat begin.

Ek kan nie wag nie, ek moet net 'n rok kry....

Tuesday 8 April 2014

My pa

Ek dink ons dink almal ons pa is die heel beste pa in die hele wereld.  Wel, ek dink ook so.  My pa was nog altyd die voice of reason in my kop.  Hy is die een wat nog altyd gehelp sin maak het van die harwar in die lewe.  Wanneer goeie dinge gebeur het, het hy gedeel daarin, en wanneer slegte goed gebeur het (soos wat dit maar gebeur), het my pa my trane afgedroog en vir my gese 'so hoe gaan ons dit beter maak?'.

Ek trou oor min of meer agt weke (ok, so dit is 53 dae om presies te wees, maar dit is nie asof ek dae tel nie...).  En tussen al die opgewondenheid is daar ook vir my 'n tikkie hartseer.  Ek gaan nie meer my pa se klein dogtertjie wees nie.  Hy gaan my weggee aan iemand wat ek weet baie lief is vir my, maar my hart trek steeds op 'n punt.  Ek is net bly dat my pa aan my sy gaan wees wanneer ek by die paadjie afloop.

Dankie pa, vir al die liefde oor die jare en al die lesse wat ek geleer het.

Sunday 6 April 2014

Wat wil ek hier doen?

Wat maak jy as die lewe te veel word, wanneer jy oorweldig voel en alles rondom jou intuimel?  Jy soek 'n rustige plek om te probeer sin maak van die ou lewe.  En ek?  Ek soek 'n plek waar ek die warboel in my kop kan uitsorteer.  Dit is was ek hier gaan doen.  En dit gaan my kuierplek wees.  Waar ek sommer net kan se wat op my hart is, my stories kan vertel, my 'onthou jy nog?'s kan neerskryf en onthou dat daar meer mooi as sleg in die lewe is.